God het vir Andrew beroep om die waarheid van die Evangelie aan die liggaam van Christen Amerika en rondom die wêreld te onderrig met spesiale klem op God se onvoorwaardelike liefde en die balans tussen genade en geloof. Vir meer as vyf en dertig jaar het hy daardie beroep op verskillende maniere vervul wat die volgende insluit: seminare, gedrukte materiale, radio, Televisie en die stigting en ontwikkeling van Charis Bybel Kollege.
Vroeg in sy bediening het Andrew begin om opnames te maak van byeenkomste en radioprogramme op oudiokassette vir verspreiding. Hy het die belofte onthou wat hy aan God gemaak het op 'n tyd in sy lewe toe hy en Jamie dit nie kon bekostig het om die kassette te koop wat hulle so broodnodig gehad het nie. Hy het belowe om sy kassette gratis beskikbaar te stel aan enigiemand wat hulle nie kon bekostig nie. Andrew is steeds besig om daardie belofte vandag te eer.
Hoe is dit moontlik? Dit is moontlik omdat getroue mans en vrouens deelgenote met Andrew en Jamie geraak het om die visie te help vervul. Soos Andrew sê: "Ek waarborg dat nie een persoon in die hemel vir my sal sê, 'Ek wens dat jy my nie so aangemoedig het om soveel vir die Evangelie te gee nie.' Nee, in die hemel sal hulle my omhels en my bedank omdat ek hulle aangemoedig het om te saai.
Hoekom? Daar sal hulle verstaan dat die enigste rykdom wat hul in staat was om te behou, is wat hul weggegee het."
Indien jy voel dat God met jou daaroor praat om dit vir meer mense moontlik te maak om hierdie boodskap te hoor, is hier verskillende maniere gelys hoe jy kan help. Beleen jou maandelikse ondersteuning aan een of meer van hierdie deelgenootskappe. Jy sal geseën word. Dankie dat jy 'n deelgenoot geword het.
Welwillendheids Deelgenote
Die Welwillendheids Deelgenootskap is die mees aangevraagde en vinnigste groeiende groep van deelgenote in die ministerie. Dit is deur die versoeke van baie deelgenote gevestig, wat wou hê dat hulle volle gawe gebruik moes word om ander te bereik en te help dat hierdie boodskap regoor die wêreld gestuur word.
Welwillendheids Deelgenote het onderneem om ten minste £1 per dag, of £30 per maand te gee. Indien jy besluit om 'n Welwillendheids Deelgenoot te word, eer jou onderneming op die manier wat vir jou die gerieflikste is: maak 'n jaarlikse gawe van £360 of meer, of 'n maandelikse gawe van £30 of meer.
